Vissershok
Oorsig:
Vissershok Primêr is geleë 11km buite die dorp Durbanville. Die skool het ontstaan in die jaar 1973. Die gebou is opgerig deur een van die plaaseienaars in die omgewing van Klein Vissershok. Namate die skool se leerdertal gegroei het het die nood ontstaan vir ‘n groter skool. In die 1987 het ons ‘n nuwe skoolgebou betree. Die grond van die nuwe skool is deur Mnr. Van der Westhuizen aan die Kerk geskenk. Die skool het eers aan die kerk behoort maar later ‘n staatsondersteunde skool geword. Caltex het die skoolgebou voorsien van elektrisiteit.
Leerders en Gemeenskap:
Die skool het die afgelope paar jaar ‘n merkwaardige groei in leerdertal getoon. Die skool beskik tans oor 370 leerders. Baie van ons leerders kom uit agtergeblewe gemeenskappe. Die oorgrote meerderheid van ons leerders is woonagtig in Plakkerskampe sowel as doe Hop-huise in Du Noon. Daar is ook ‘n groot aantal van die leerders wie se ouers werkloos is.
Werkloosheid in die omgewing vier hooggety. Dit bring te wee dat finansiële bystand van die ouers sse kant baie swak is. Baie van die beoogde projekte kan nie 100% aangepak word nie, as gevolg van die swak bydrae van skoolfonds. Ouer-personeel vergarderings word ook swak bygewoon aangesien 90% van die ouers in Du Noon oorkant die N7 woon en nie oor vervoer beskik nie. Ons as personeel het dus besluit om alle funksies en vergarderings daar te gaan hou. Baie van die skool se leerders kan nie skooldrag bekostig nie.
Dit is gedurende die winterseisoen wat die skool die ergste geraak word. Afwesigheid van leerders kom dan grootliks voor omdat leerders alreeds voor sesuur op die pad is. Huishoudelike geweld veroorsaak ook dat leerders nie hul volle potensiaal kan bereik nie. Klasgetalle is groot met +-40 leerders in ‘n klas waarvan die Gr.6 klas 59 leerders het. Ongeletterdheid onder die ouer gemeenskap is baie hoog.
Die leerders dors na opvoeding nie teenstaande die feit dat hulle deur gevaarlike, bebosde gebiede na die eerste optel punt van die bus loop. Dit wek kommer by die Personeel sowel as Ouergemeenskappe. Nieteenstaande het die skool twee addisionele onderwysers ‘n sekretaresse sowel as ‘n skoonmaker aangestel. Ons beskik ook oor ‘n Onderwyser wat twee keer per week leerondersteuning bied.
Ons buitemuurse aktiwiteite verg baie opoffering omdat ons nie die nodige fasiliteite tot ons beskikking het nie. Vir sportaktiwiteite moet die skool tans een van die Plaaseienaars se weivelde gebruik, wat ook nie altyd beskikbaar is nie.
Prestasies:
Op sport en kulturele gebied vaar ons ook glad nie sleg nie. Vissershok Primêr spog met ‘n atletiek record van ses agtereenvolgende oorwinninges sedert Landelike byeenkomste. Ons spog ook met ‘n getal van agt W.P. landliip atlete in vier jaar. Twee van die dogters get ook die W.P. span in die 1500m in Paarl sowel as Kroonstad in die Vrystaat gaan verteenwoordig. Ons skool het ook ‘n krieketspan wat vir niemand stuit nie en ook ‘n 11 en 13 jaar sokkerspan sowel as netball 9, 11 en 13 jaar. Ons is besig om die leerders bloot te stel aan skaak.
Op kuns gebied toon die leerders baie talent. Skilderye van hoë gehalte eat kins kenners stom geslaan het is alreeds deur ons leerders voltooi. Van hierdie kunswerke hang in groot Maatskappye soos Alfa Stone en Ready Mix en Fair Cape. Die skilderye is geskenk as ‘n blyk van waardering vir dit die Maatskappy vir die skool beteken. Holcim is verantwoordelik vir Opvoedkundige uitstappies na Rietvlei en San Corb, Koenberg Kragsentrale sowel as na die Twee Oseane Aquarium. Sedert 1998 neem hulle ons Graad 6 leerders op hierdie uitstappies. Die leerders vind dit baie leersaam. Fair Cape het ons toilette opgradeer en is ook verantwoordelik vir die betaling van ons Armed Response (Alarm Stelsel).


